Calle sê plan moet gemaak word vir EU-ontwouding reëls
Die landbouminister Calle Schlettwein het kommentaar gelewer oor die nuwe EU-regulasies rakende ontwouding. Vanaf einde Desember vanjaar mag geen produkte die EU binnegaan as hulle nie ontwouding-vry is nie. Ontwouding-vry beteken produkte wat gevoer is of vervaardig is met kommoditeite wat op grond geproduseer is wat van woud na landbou-grond verander is, mensgemaak of nie. Hy sê die besluit is eensydig gemaak.
Hy vra alle rolspelers om bymekaar te kom om ‘n padkaart op te trek vir die pad vorentoe.