Calle sê oor sperdatum van droogtehulp vir boere

Droogtehulp vir boere, wat met veebemarking help en subsidies vir weiding sowel as vervoer na weidingsgebiede aanbied, kom op 31 Maart tot ‘n einde. Die grootste dele van die land het nie reën gehad nie, vee verkoop nie op veilings nie en pryse vir produsente verswak. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die landbouminister Calle Schlettwein om uit te vind of die program verleng sal word.