Calle: Namibiërs moet hulself staal vir droogte

Met die gebrek aan reën oor groot dele van Namibië, is boere hoogs bekommerd en sommige op hul knieë. Vipuakuje Muharukua, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering die minister van landbou, Calle Schlettwein, gevra wat die regering doen om die boere te red uit hul verknorsing. Muharukua noem dat beurtkrag in Suid-Afrika ook ‘n bydraende faktor is tot die veepryse wat erg gedaal het.

Schlettwein het in sy reaksie gesê dat Namibiërs hulself moet voorberei vir ‘n droogte. Hy het bygevoeg dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die buurland ook ‘n rede is waarom die veepryse gedaal het.