Calle: Konsensus met nog oor Neckartaldam-skema bereik word

Die landbouminister Calle Schlettwein sê konsensus moet steeds met alle belanghebbendes bereik word oor die model en finansiering van die 5 000 hektaar Neckartal-besproeiingskema, voordat ontwerpe gefinaliseer kan word. Hy sê een opsie is om een groter boerdery-operateur saam met ‘n paar medium-grootte en kleinskaalse boerdery-eenhede op dieselfde groenskema te hê. Die ander opsie is om eerder verskeie groenskemas te hê. Die regering moet ook nog besluit of hy die groenskema op sy eie of gesamentlik met ’n private belegger gaan ontwikkel, volgens die Tender Bulletin. Die grootte van die Neckartal-besproeiingskema is gelykstaande aan sewe of agt van die bestaande groenskemas, waaronder dié langs die Kavango- en Kunenerivier wat sowat 800 hektaar onder besproeiing het.