Calle besoek Karas om ontwikkelingsplanne van Neckartaldam te bespreek

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sal môre die Karas-streek besoek om ontwikkelingsplanne van die Neckartaldam te ondersoek. Hy sal ‘n vergadering met die streeks-goewerneur Aletha Frederick, lede van die streeks- en plaaslike owerhede, tradisionele en gemeenskapsleiers en boere hê.  Die vergadering vind vanaf nege-uur die oggend tot die middag drie-uur by die Moth-saal plaas. Die tweede fase van die Neckartaldam-besproeiingsprojek moet spoedig geïmplementeer. Fase twee sluit die ontwikkeling van 5 000 hektaar grond vir gewas-besproeiing in, alhoewel die regering reeds 11 000 hektaar grond bekom het.