Calle beklemtoon weer ontsouting, veral vir Erongo-myne

Die Namibiese landbouministerie hou die week sy strategiese vergadering op Swakopmund. Donateurs soos die Duitse GIZ en die Wêreldvoedselprogram sal ook die sessies bywoon. Die ministerie se strategiese plan sal onder die loep kom tydens die vergadering wat deel vorm van sy jaarlikse hersiening van sy werksaamhede. Die minister Calle Schlettwein, sê dat ontsouting in watervoorsiening, veral die kus, noodsaaklik is.