Caley loop deur oor sanitêre doekies verklaringOctober 10, 2023

Adjunk-onderwysminister Faustina Caley se media-verklaring oor haar weiering van PDM-leier McHenry Venaani se mosie vir ‘n wetsontwerp om gratis sanitêre doekies aan skoolmeisies te verskaf, is weer ter sprake in die Nasionale Vergadering. Volgens Caley bestee die sogenaamde geïntegreerde skool-gesondheidsbeleid reeds 15 Namibiese dollar ‘n jaar per meisie vir die doeleindes. Die PDM se hoofsweep, Elma Dienda, het Caley getakel oor die lae bedrag.