Byvangste is so hoog, dit kom soos aspris voor

Derek Klazen, die minister van visserye, het sy kommer uitgespreek dat byvangs ‘n kommerwekkende neiging word in die visbedryf. Hy beskuldig sommige maatskappye daarvan dat hulle dit doelbewus doen. Die praktyk het volgens Klazen ‘n uiters negatiewe invloed spesies soos stokvis, makriel, en sardyne, binne die maasbanker-subsektor. Byvangste verwys na vis of ander mariene spesies wat oor die algemeen per abuis gevang word saam met ander spesies wat geteiken word. Volgens die minister is die voorkoms van die hoë byvangste ‘n aanduiding dat daar moontlik ‘n doelbewuste benadering is hiervoor. Die minister sê dat sy ministerie met die implementering van streng beheermaatreëls sal begin om die praktyk te staak.