Byna N$1,4 miljoen geroof van kontantvervoerwa

Die Windhoek Stadspolisie het bevestig geen verdagtes is nog in hegtenis geneem ná gister se gewapende rooftog van ‘n kontantvervoerwa by die Puma-depot in die noordelike nywerheidsgebied in die hoofstad nie. Daar was volgens berigte vier rowers en ‘n sekuriteitswag is in die voorval beseer. Kontant ter waarde van byna 1,4 miljoen Namibiese dollar en drie wapens is gebuit. Die adjunkhoof van die Windhoek Stadspolisie, Leevi Ileka, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.