Byna helfte van SA onnies is ouer as 50August 10, 2023
Die woordvoerder van die Jakes Gerwel Genootskap-program, Jeremy Gibbon, sê die Suid-Afrikaanse regering en die departement van onderwys moet daadwerklik beplan om die gevolge van die tekort aan geskoolde en ervare onderwysers te vermy. Dit volg op ʼn onlangse studie deur die Universiteit Stellenbosch wat bevind het dat 49 persent van die onderwysers wat by Suid-Afrikaanse staatskole werksaam is, ouer as 50 is. Gibbon sê dit is ʼn bron van kommer dat die helfte van Suid-Afrika se onderwysers binne die volgende tien jaar sal aftree.