Byna 900 reeds geregistreer vir pensioenaris-skuldafskrywing
Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het tydens die eerste Stad Windhoek-raadsvergadering van die jaar ‘n opdatering gegee oor die skuldafskrywingsproses vir pensioenarisse. Daar is tans bykans 900 pensionarisse geregistreer en die proses kom op 15 April tot ‘n einde. Kamati het weer die lokale gegee waar die registrasies gedoen kan word.