Byna 800 Namibiërs pleeg selfmoord in 18 maande 

Vanaf Januarie 2021 tot Julie 2022 het Namibië 790 mense weens selfmoord verloor. Uit hierdie getal was 649 mans, 102 was vroue, en 39 was onder die ouderdom van 18. Uit die totale getal was 124 persone van die Omusati-streek, waarvan 99 mans, 19 vroue en ses jeugdiges – vyf meisies en een seun. Almal van hulle het hulself gehang. Daar was 179 selfmoord-pogings in die Omusati-streek tussen Maart 2021 tot April 2022. Almal is tienermeisies en het tablette of medisyne gebruik. Die gesondheidsministerie het die statistieke in die Omusati-streek tydens die herdenking van Wêreld-geestesgesondheidsdag vrygestel.