Byna 62% van Wes-Kaapse Gr 4-leerders is ongeletterd

Die Wêreldbank het aanbeveel dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement nuwe, hoë teikens stel vir wiskunde en lees. Byna 62-persent van die provinsie se kinders in graad 4 was in 2021 funksioneel ongeletterd. Die Wêreldbank se Onderwyssektor-ontledingsverslag is op versoek van die provinsiale regering saamgestel. Volgens die verslag het die Wes-Kaap hoër leer-vlakke as enige ander provinsie. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die ontleding se doel is om kinders se leeruitkomste te verbeter: