Byna 40 verkragtingsgevalle in Oshikoto in drie maande

Vanaf Januarie tot Maart vanjaar is 39 gevalle van verkragting net in die Oshikoto-streek aangemeld. Van daardie gevalle is 15 gevalle in Januarie gerapporteer, gevolg deur 14 in Februarie en tien in Maart. Die streeksbevelvoerder van Oshikoto, kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku, het gesê dat meeste verkragtingsake, 19, in Omuthiya aangemeld is, gevolg deur Okatope met agt en Onayena met sewe. Kalompo-Nashikaku sê aan Kosmos 94.1 Nuus verkragting het ‘n langtermyn impak op slagoffers, hul gesinne en die gemeenskap.