Byna 15% van Amerikaners ontken klimaatsverandering bestaan

‘n Nuwe studie van die Universiteit van Michigan het bevind 14,8-persent van Amerikaners ontken die werklikheid van klimaatsverandering. Sosiale media-data en kunsmatige intelligensie is gebruik en navorsers onthul politieke verwantskap, veral onder Republikeinse kiesers, is die belangrikste faktor wat klimaatsverandering-oortuigings beïnvloed. Die studie verbind ook klimaats-ontkenning aan lae Covid-19-inentingsyfers, wat ‘n breër skeptisisme teenoor wetenskap aandui. Ander veranderlikes wat die mening oor klimaatsverandering beïnvloed, sluit in die onderwysvlak, inkomste en afhanklikheid van fossielbrandstowwe in streeksekonomieë.