Bybelse beginsels in skole ‘kan help teen swak gedrag’
Toenemende afknouery, dwelmgebruik en rassisme in skole is nie net ‘n probleem in Namibië nie, maar ook in ander lande. Die Suid-Afrikaanse Christenforum wil hê gebedsbyeenkomste en Bybelstudie moet heringestel word, want dit kan leerlinge se gedrag en moraal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries Namibia gesels, wat sê dit is belangrik dat Bybelse beginsels weer in die Namibiese skole ingestel word.