BW Kudu Namibia gesels eksklusief oor kragopwekkingsplanne
Die Kudu gasveld, wat in 1974 aflandig van Namibië se suidkus ontdek is, word steeds nie ontgin nie. BW Energy, die operateur van Kudu Gas, het egter aansoek gedoen vir ‘n kragopwekkingslisensie. Die plan is om gas te gebruik vir die opwekking by ‘n kragsentrale in Lüderitz. In ‘n eksklusiewe onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus praat Manfriedt Muundjua, die adjunkhoofbestuurder by BW Kudu Namibia, oor die belangrikheid van die aanleg wanneer dit gevestig is.
Muundjua brei uit oor die geraamde koste van so ‘n aanleg.