BW Energy soek olie in Kudu-gasveld
Internasionale media berig dat Noorweë se BW Energy ‘n nuwe boorveldtog van stapel wil stuur by sy Kudu-gas gebied, aflandig in die verre Suide. Die gasbron van 36,8 miljard kubieke meter is in die 5 000 vierkante kilometer gebied. BW Energy is nou aangespoor om ook vir olie te soek en het ‘n 4 600 vierkante kilometer 3D seismiese opname voltooi. Daar word berig die maatskappy is opgewonde oor die voorlopige uitslae. Die maatskappy sal die gasbron ontwikkel om elektrisiteit te genereer.