Buurland sukkel met stralerbrandstof

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verwerp bewerings dat vertragings met die uitreiking van brandstoflisensies tekorte met stralerbrandstof veroorsaak. Die diens verduidelik nakoming van die Wet op Doeane en Aksyns is ʼn uitdaging vir sommige brandstofmaatskappye. Raffinaderye wat met infrastruktuurkwessies worstel, het oorgeskakel na invoergebaseerde modelle. Die inkomstediens het tydelike opberginglisensies uitgereik om ontwrigting met verskaffing te voorkom en werk daadwerklik saam met die bedryf om ʼn ononderbroke beskikbaarheid van brandstof te verseker, maar terselfdertyd aan die regulasies te voldoen.