Buurland ondersoek kostebesparings vir ministers se behuising

Die Suid-Afrikaanse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê hy ondersoek tans kostebesparende behuising vir kabinetsministers. Die departement het voor die parlementêre staande komitee vir Openbare Rekeninge sy pogings uiteengesit om onderhoudskoste te verlaag wat sedert 2018 reeds aansienlike besparings meegebring het. Mzwandile Sazona van die Parlement sê hulle werk aan inisiatiewe om kostedoeltreffendheid te verbeter. Dit sluit energie-doeltreffende oplossings vir parlementêre dorpies in.