Buttler loop T20-wedstryd mis, word pa

Engeland se kaptein, Jos Buttler, sal nie vandag in Cardiff, Wallis, in die derde T20-kragmeting teen Pakistan speel nie. Hy is met vaderskapsverlof vir die geboorte van sy derde kind. Moeen Ali sal die span lei, met Jonny Bairstow of Phil Salt as paaltjiewagter. Engeland het die tweede wedstryd gewen nadat die eerste een weens reën afgelas is. Die laaste wedstryd vind Donderdag plaas. Die reeks dien as voorbereiding vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat Saterdag in die Karibiese Elande en Amerika begin.