Buthelezi vandag ter ruste gelê
Duisende mense, insluitend internasionale hooggeplaastes van China, Indië, die Verenigde State, Brittanje en Australië, het op Ulundi in KwaZulu-Natal toegesak vir die amptelike begrafnis van die AmaZulu tradisionele eerste minister Mangosuthu Buthelezi wat vandag plaasvind. Die Dalai Lama het ook verteenwoordigers gestuur. Die party wat Buthelezi gestig het, die IVP, het ‘n beroep op roubeklaers gedoen om die media te gebruik om die begrafnis te volg. Hy sê die Mangosuthu Buthelezi-streekstadion kan slegs 15 000 mense akkommodeer. Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sal die begrafnisdiens lei, terwyl president Cyril Ramaphosa die lofrede sal lewer.