Buthelezi: Amptelike begrafnis, vlae halfstok tot Vrydagaand

President Cyril Ramaphosa het bekend gemaak prins Mangosuthu Buthelezi sal tydens ‘n spesiale amptelike Kategorie Een-begrafnis te ruste gelê word. Die 95-jarige voormalige Zoeloe eerste minister en stigter van die Inkatha Vryheidsparty is Saterdagoggend dood. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president het opdrag gegee dat vlae van vandag tot Vrydagaand landwyd by alle vlagstasies halfstok hang. Buthelezi word Vrydag in sy tuisdorp Ulundi, noord van Durban, begrawe.