Busoperateurs buit nog steeds vakansie-passasiers uit

Ten spyte van die jaarlikse waarskuwings om nie buspassasiers uit te buit met duurder kaartjies tydens die vakansie nie, doen baie lang-afstand busoperateurs presies dit aangesien passasiers desperaat is om by die huis te kom. Verskeie passasiers het vanjaar gekla dat private busoperateurs hul tariewe verdubbel het. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle monitor die situasie. Hy raai die ook publiek aan om nie hoër pryse vir kaartjies aan te bied as hulle sukkel om vervoer te bekom nie.