Bushalte meesterstuk van 16de eeu verkoop vir miljoene

Die vroeë kunswerk van die Venesiese meester Titian, The Rest on the Flight into Egypt, is teen ʼn rekordprys van sowat 405 miljoen Namibiese dollar op ʼn veiling in Londen verkoop. Die skildery is talle kere gesteel en is in 1995 in ʼn plastieksak by ʼn Londense bushalte gevind nadat dit uit Longleat House in Engeland verwyder is. Die afslaer Christie’s se woordvoerder, Letizia Treves, sê Titian het die kunswerk in die eerste dekade van die 16de eeu gemaak: