Burkina Faso ignoreer Ecowas-sanksies en help Niger
Burkina Faso se weermag het sanksies deur die leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State, Ecowas, geïgnoreer en het hulp aan Niger verleen. Niger se demokraties verkose president, Mohamed Bazoum, is verlede maand uit die kussings gelig en is steeds onder huisarres in die hoofstad, Niamey. Die Ecowas-sanksies sluit in die afsny van elektrisiteit asook as die blokkering van belangrike invoere. Die militêre leiers van die staatsgreep sê die sanksies is onwettig en onmenslik en daarop gemik om hulle te verneder.