Bunkerstelsel en skopklok word in Wêreldbeker gebruik
Wêreldrugby sê die beampte wat vuilspel uitwys, bekend as die bunkerstelsel, en die skopklok vir doelskoppe sal in die Wêreldbekertoernooi in Frankryk toegepas word. Dit word gedoen om wedstrydbeamptes te ondersteun wanneer hulle beslissings moet maak. Wêreldrugby sê skeidsregters sal nou enige voorval van vuilspel na ‘n westrydbeampte kan verwys wanneer dit nie duidelik en voor die hand liggend is dat ‘n speler ‘n rooi kaart moet kry nie. Dit sal volgens Wêreldrugby ook wedstrydbeamptes help om vinnig die regte beslissing te maak.