Bulle sien uit na kragmeting met Welwitschias

Almal is opgewonde oor die groot wedstryd môre tussen die Welwitschias en die Blou Bulle! Die wedstryd dien as voorbereiding vir Namibië se toetswedstryd teen Portugal op 13 Julie, asook die Afrikabeker in Uganda aan die einde van Julie. Die spanne takel mekaar op die Hage Geinbob-stadion in die hoofstad, en sprankelspel is op die spyskaart. Kosmos 94.1 Sportnuus het eksklusief gepraat met Eugene Hare, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, wat sê die Bulle  is op pad en sien uit na die geleentheid.