Bulle maak reg vir sterbelaaide Bordeaux-Begles

Dit lyk asof Loftus Versfeld die komende naweek gasheer sal wees vir ‘n massiewe botsing in die Kampioenebeker-toernooi, terwyl die Vodacom Bulle voorberei om Saterdag die in-vorm Bordeaux-Begles-span aan te pak. Bordeaux het op volle sterkte in Pretoria aangekom met talle Franse toetssterre en ander internasionale spelers. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hulle voorbereidings.