Bulle looi WP 50-34, Haaie verras Leeus 35-22
Die Bulle het die Westelike Provinsie in ‘n Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld met 50-34 kafgedraf. Die losskakel Jaco van der walt het 25 punte aangeteken, met die Bulle wat ‘n agterstand van 24-punte omgekeer het om te wen. Dit was WP se derde nederlaag dié seisoen. In Johannesburg het die Haaie die Leeus verras met ‘n bonuspuntoorwinning van 35-22 op Ellispark. Die Junior Springbok Jurenzo Julius het twee drieë in sy debuut vir die Haaie aangeteken, terwyl die veteraan losskakel Lionel Cronje 15 punte met die skopskoen bygedra het.