Bulle klap Saracens 27-16

Die Bulle het ‘n verrrassende oorwinning gisteraand op Loftus in die Kampioenebekerreeks teen die sterk span van Europa, die Saracens, behaal. Die tuisspan se oorheersing van die wedstryd het aan hulle ‘n sege van 27-16 besorg. Die Bulle het drie drieë gedruk – een elk deur David Kriel, Janko Swanepoel en Kurt-Lee Arendse. Hulle het nog drie pogings gehad om punte aan te teken, maar dit is nie toegelaat nie. Johan Goosen het drie doelskoppe en twee strafskoppe behaal. Die oorwinning plaas die span van Pretoria in ‘n goeie posisie om eerste in Groep-1 te eindig. Vanmiddag kwart-oor-vyf pak die Stormers die Leister Tigers in Engeland.