Bulle is opgewonde vir môre 

Die opgewondenheid loop hoog vir die lang-verwagte kragmeting môre tussen die Welwitschias en die Blou Bulle van Suid-Afrika. Die sterk span sal die Namibiërs se vaardighede tot op die uiterste beproef, maar sjampanje-rugby is gewaarborg en ‘n stampvol stadion word verwag. Kosmos 94.1 Sportnuus het eksklusief gepraat met Willem Strauss, president van die Blou Bulle.