Bulle is gereed vir die Leeus
Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap keer hierdie naweek terug ná ‘n onderbreking van drie weke en ondersteuners sal met twee Suid-Afrikaanse derbies vermaak word. Die Haaie is môre die gasheer vir die Stormers op Kingspark in Durban, terwyl Ellispark die plek sal wees vir die Jukskei-derby tussen die Leeus en die Bulle. Die span van Pretoria het hul bure in die negende ronde van die kompetisie met 30-28 geklop op Loftus Versfeld, en die Bulle se medekaptein, Marcell Coetzee, sê hulle het ‘n groter fokus vir die herontmoeting: