Bulle het groot stryd Saterdag op Loftus

Die Vodacom Bulle sal desperaat wees wanneer hulle die naweek kragte met Leinster op Loftus Versfeld meet. Die span het die laaste twee wedstryde op hul tuisveld verloor en die een sal bepaal of hulle aan die onderkant van die top-agt bly en of hulle ‘n groot sprong so ver op as ‘n vyfde plek behaal vir ‘n makliker uitspeelplek. Hulle sal hulle egter regmaak vir ‘n strawwe aanslag van Leinster, wat hul veggees tot die eindfluitjie verlede week teen die Emirates Lions getoon het. Die president van die Bulle, Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.