Bulle herinner Steyn aan Superrugby gloriedae

Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-losskakel, Morné Steyn, sê die huidige Bulle-span herinner hom aan hul span se gloriedae vanaf 2007 tot 2010, toe hy deel was van ‘n driekuns Superrugby-titels. Steyn sê hy sal van niks meer hou as om te sien hoe die unie vandag ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-trofee by sy lys voeg nie. Die Bulle pak die Glasgow Warriors op Loftus Versfeld in Pretoria voor ‘n volgepakte stadion. Steyn sê die ondersteuners gaan beslis ‘n groot rol speel. Afskoptyd is vanaand 6-uur.