Bulle gaffel Griekwas met 48-38

Rugby: Die Bulle en die Griekwas het gisteraand in Pretoria vir ‘n vermaaklike Curriebekerwedstryd gesorg wat die tuisspan met 48-38 gewen het. Die Bulle het teen rustyd met 36-5 voorgeloop. Dertien drieë is in die wedstryd gedruk, met sewe deur die Bulle. In die naweek se ander kragmetings het die Poemas die Haaie in Durban met 20-10 verras, terwyl die Cheetahs alles moes uithaal vir hulle oorwinning van 35-26 teen die Leeus in Johannesburg.