Bulle, Cheetahs speel gelykop in Bloem

Rugby: ‘n Strafskop in die 78ste minuut deur die Bulle-nuweling, Boeta Chamberlain, het hulle onoorwonne rekord gered en in Bloemfontein gesorg vir ‘n opwindende gelykopuitslag van 34-elk. Die twee spanne boaan die Curriebekerpunteleer het gesamentlik nege drieë gedruk, en die gelykopstryd beteken beide se veldtogte is nog aan die brand. Die drie weg-punte hou die Bulle drie punte voor die Cheetahs en onoorwonne boaan die punteleer.