Buitelandse Suid-Afrikaners registreer om te stem

Die buurland se Onafhanklike Verkiesingskommissie sê 18 469 Suid-Afrikaanse burgers wat in 101 lande woon, het begin registreer om te stem met behulp van die aanlyn registrasieportaalstelsel wat verlede maand bekendgestel is. Die kommissie het ‘n nuuskonferensie gehou oor die gereedheid vir die registrasieproses hierdie naweek. Sowat 21 000 Suid-Afrikaners het in 2019 in die buiteland gestem. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, moedig kiesers aan om hulle registrasiestatus by die naaste diplomatieke sending te bevestig met hul ID-boek of slimkaart.