Buitelandse studente gewaarsku om te swot en nie te werk nie
Buitelandse studente wat in Namibië wil studeer moet teen 29 Februarie al hulle aansoeke indien. Die ministerie van binnelandse sake sê studente is gewaarsku om geen deeltydse werk tydens hulle studies te doen nie. Volgens woordvoerder Margaret Kalo is daar gevalle waar studente permitte bekom maar nie klasse bywoon nie en eerder werk. Sou studente hulleself daaraan skuldig maak kan hulle ‘n boete van 12 000 Namibiese dollar en/of drie jaar se tronkstraf opgelê word waarna hulle gedeporteer word.