Buitelandse boukontrakteurs slaan op vlug, Namibiërs sit met skuld

Buitelandse boukontrakteurs help dikwels om infrastruktuur in Namibië te bou en verdwyn dan, wat Namibiërs agterlaat om die skuld te hanteer. Dit is die mening van ‘n lid van die Afrika-vereniging van Bourekenaars, Matthew Ngulube. Hy sê bourekenaars moet die regering en lede van konstruksieprojekte oor toepaslike befondsing adviseer. Die president van die vereniging Obafemi Onashile, beaam bourekenaars moet deur die regering ingesluit word by die infrastruktuur-ontwikkelingsprojekte op die vasteland. Hy het gesê baie konstruksieprojekte bly onvoltooid omdat daar geen bourekenaar in die projekspan is nie.