Buitelandse beleid word hersien
Die Internasionale Betrekkinge ministerie bied die negende sitting van die Namibiese Konferensie vir Sendinghoofde in die hoofstad aan. Uitvoerende direkteur Penda Naanda sê hierdie twee-daagse geleentheid is ontwerp om die instel van die land se buitelandse beleid te hersien en die algehele doeltreffendheid van die Buitelandse Diens te verbeter. Die Namibiese sendings sal ook hul ekonomiese diplomasie-prestasies op die konferensie ten toon stel. Naanda sê voorbereidings word getref om volgende jaar saam met Duitsland mede-gasheer te wees van die Toekomsberaad.