Buitelandse beleggings teken rekord-hoogtes aan

Volgens Cirrus Capital kom direkte buitelandse beleggings in Namibië teen ‘n ongekende tempo in, ‘n bemoedigende ommekeer van die uitvloei in 2018 tot vroeg in 2021. In die tweede kwartaal van 2023 is 13 miljard Namibiese dollar se netto buitelandse direkte beleggings in Namibië, of 22,2 persent van die BBP, aangeteken. Kumulatiewe netto buitelandse direkte beleggingsinvloei is die grootste op rekord, aangedryf deur die onttrekkingsektore soos mynbou, olie en gas. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gesels.