Buitelandse beleggers kry slegs burgerskap volgens Namibiese wette

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake en immigrasie is bewus van inligting wat op sosiale media versprei word dat die ministerie ‘n beleid ingestel het om Namibiese burgerskap en verblyfpermitte aan buitelandse burgers uit te reik wat eiendom in die beplande luukse President Links-gholflandgoed by Walvisbaai koop. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, beklemtoon dat beleggings in Namibië verwelkom word, maar relevante permitte sal slegs aan beleggers volgens die burgerskap- en immigrasiewette van die land uitgereik word. Hy sê die ministerie sal geen spesifieke maatskappy bevoordeel of projekte bekragtig nie.