Buitelanders moet beskerm word na 2 Somali’s in Philippi geskiet is

Africa Unite doen ‘n beroep vir die beskerming en integrasie van buitelanders in Suid-Afrika ná die skietdood verlede week van twee Somali-burgers in Philippi, Kaapstad. Lelethu Nogwavu van die organisasie sê hulle veroordeel die teiken van buitelanders, veral kleinsake-eienaars. Africa Unite het ook sy kommer uitgespreek oor die regering se voorstel om spaza-winkels in buitelanders se hande te oudit. Dit volg na verskeie voorvalle waar kinders gesterf het na hulle kos geëet het wat na bewering by straatsmouse en spaza-winkels gekoop is. Nogwavu sê as dit spesifiek gerig is op buitelanders, sal dit vreemdelinge-haat vererger.