Buitelanders in Japan dagvaar oor rassisme
Drie mans wat in die buiteland gebore is, het ‘n saak teen die Japannese regering gemaak omdat die polisie hulle na bewering op grond van ras lastig val. Elkeen eis vergoeding van ongeveer 377 000 Namibiese dollar. Die eisers is onderskeidelik in Amerika, Pakistan en Indië gebore en wil bewys die ongelyke behandeling op grond van ras is strydig die met Grondwet en internasionale menseregte-ooreenkomste. Hulle beweer die polisie het hulle herhaaldelik voorgekeer en deursoek. Die hofsaak laat die soeklig val op toenemende uitdagings in Japan, waar 2 miljoen buitelandse werkers nou deel van die werksmag uitmaak.