Bruidsfoto’s het 30 jaar gelede verdwyn; ‘n vreemdeling het dit gevind

Sandra Poindexter was by ‘n veiling in Lynchburg, toe sy ‘n paar bruidsportrette in ‘n boks gewaar het. Sy was betower deur die swart-en-wit foto’s, en die bruid daarop. Poindexter het US$5 vir die portrette betaal. Maar sy het nie beplan om die foto’s vir haarself te hou nie.

 “Ek wou uitvind hoe iets so kosbaar soos dit op ‘n veiling kan beland,” het Poindexter, ‘n afgetrede verpleegster, gesê.

Die bruid wat in 1959 afgeneem is, het vir etlike dekades na die portrette gesoek. Sy het uiteindelik hoop verloor om hulle te vind.

Ná die veiling het sy foto’s van die portrette in ’n plaaslike Facebook-groep geplaas, en gevra of iemand dalk die vrou of haar familie ken. Die bruid op die foto’s, Harriet Elizabeth Marshall (Galbraith), is uiteindelik gevind en sê sy is verbysterd en baie opgewonde.”

Foto: New York Post