Bruce Springsteen sal vir Kamala stem

Bruce Springsteen het die Demokratiese presidentskandidaat, Kamala Harris, onderskryf – die jongste glanspersoonlikheid wat die Amerikaanse visepresident ondersteun. Die sanger sê Trump is die gevaarlikste kandidaat vir ‘n presidentskap.

Harris word reeds onderskryf deur ‘n paar groot Hollywood-name en bekendes, onder andere die legendariese aktrise Meryl Streep, die komediant Chris Rock , akteur George Clooney en die voormalige geselsprogram-aanbieder Oprah Winfrey. Verlede maand het die popster Taylor Swift Harris ook onderskryf.