Brouerye, Nafau teken loonooreenkoms

Namibia Breweries, NBL, en die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, het ‘n loonooreenkoms van 18 maande vir die tydperk 1 Julie vanjaar tot 31 Desember 2025 onderteken. Met ingang van 1 Julie sal alle werkers in die bedingingseenheid ‘n loonverhoging van 2,5 persent op basiese salarisse tot Desember ontvang. Van Januarie tot Desember volgende jaar sal hulle ‘n 6 persent verhoging op basiese salarisse kry. Werkers sal ook ‘n bykomende behuisingsubsidie kry. Die Brouerye sal voortgaan met die huidige aansporingskema waardeur werkers ‘n bykomende bonus gelykstaande aan ‘n maandelikse salaris gedurende die boekjaar kan verdien.