Brockerhoff verskyn vir stropery-saak 

Vermeende stroper Derick Brockerhoff verskyn weer vandag in die Windhoek-laerhof. Markus Rooinasie het einde Julie by hulle laaste verskyning skuldig gepleit op ‘n klag van stopery na die twee in April met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang is. Brockerhoff sal homself verdedig en die saak is daarom tot vandag toe uitgestel. Brockerhoff blyk om vermoedelik ‘n reeksstroper te wees en Kosmos 94.1 Nuus is in besit van 24 klagtes, waaronder dwelmhandel ook, teen hom in verskeie howe regoor die land. Daar was sprake dat al sy sake saamgevoeg sou word en oorgeplaas word streekshof toe maar tot op hede het dit nie gebeur nie.