Brockerhoff terug in die hof vandag

Die vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie kom na verwagting weer vanoggend in die Windhoek-landdroshof voor. Die twee is op 11 April met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang. Hulle het op 15 April verskyn en landdros Monica Andjaba het borg geweier. Met sy arrestasie het die boeregemeenskap saam gestaan en al sy vorige en huidige sake in verband met stropery na vore gebring. Hy is blykbaar berug vir die tipe misdaad.